Sunday, February 15, 2009

Kersfees in Februarie?

Jy vra: "Kersfees in Februarie?" Dis wat jy kry as jy vir die eerste keer in 3 maande braaivleis, aartappelslaai, 'n lekker wyntjie en goeie geselskap om 'n vuurtjie geniet. Ons het Vrydag aand saam met nuwe vriende by 'n villa gebraai en was dit lekker gewees!! Het nou nog nie ons klere gewas nie, wil die reuk van braai vure so lank as moontlik hou!

Op 'n slegter noot... Dit gaan baie sleg hier. Mense verloor hulle werke links en regs. Daar is nou 2,500 visas per week wat gekanseleer word, dis expats wat uit die land uittrek. Baie mense vlug omdat hulle nie hulle skuld kan betaal nie. Hier gaan jy tronk toe as jy nie jou skuld kan betaal nie. So hulle koop vlieg kaartjies, los die kar met sleutel en al by die lughawe en vlug land uit.

Die Fillipyne kry ook baie swaar. Hulle verloor nie hulle werk nie, maar word ongeveer Dhs 1,500 - Dhs 2,000 per maand betaal. Hulle kan glad nie akkommodasie bekostig nie. Hier is plekke wat hulle "rent-a-bed" noem. Die Fillipyne huur dan 'n bed vir 8 ure om op te slaap. Hulle moet 2-2 op 'n bed slaap, minimum 8 per kamer. Dis haaglike omstandighede mense. Hier is nie dinge soos "informal settlements" nie.

Percy doen uitstekend by sy werk. Binne 2 maande het hy die uitstaande skuld by Al Futtaim van 43% afgekry na 10% toe. Die MD van Al Futtaim het gese dis die laagste wat die uitstaande skuld nog ooit was. Dis regtig 'n veer in Percy se hoed. Hy werk regtig baie hard en slaap op 'n Vrydag oggend tot 10am so moeg is hy.

Ek het by die orkes by die Afrikaanse gemeente aangesluit. Ek het heelwat nuwe mense ontmoet en dis lekker om weer musiek te maak. Die Afrikaanse gemeente het 'n groot byeenkoms die 27ste Februarie. Ds. Dirkie van der Spuy kom hier preek en dan gaan ons ook spitbraai hou. Ons het Vrydag heeldag vir die geleentheid musiek geoefen. Ek het nog nie werk nie, maar met die dat ons nuwe mense ontmoet, sal aanvraag vir talent coaching meer word, glo ek.

Hierdie naweek was ons lekker besig gewees. Vrydag die heeldag musiek geoefen, Vrydag aand Kersfees gehou en gister was ons uit saam met Andy & Polly, Percy se kollega en sy vrou. Ons het by The Walk op Jumeirah Beach Residence gaan middag ete eet. Dis lekker besig op 'n Saterdag middag/aand. Daar's ook 'n vlooimark aan die gang waar jy klere en skoene kan koop van Lebanon en omringende lande.



Ons het nog nie vir my 'n motor gekry nie. Die bank soek 40% deposito vir 'n 2de handse voertuig en ons het nog nie soveel gespaar nie. Gelukkig is hier taxis, so ek kan enige tyd 'n taxi vang wat my gaan aflaai net waar ek wil wees.



Percy het Donderdag baie SA toe verlang. Dit moes erg gewees het want hy't vir 'n uur lank Nkosi Sikele Africa op youtube gespeel. Ek het naderhand maar gevra dat hy oorfone aansit.

Ons het 2 naweke terug die Abra bootjie gevat en met die Creek op en af gery. Toe het ons die Old Souk en die Gold Souk besoek. Daar is baie goud, maar dis nie regtig baie goedkoper nie. Dis gekoppel aan die internasionale goudprys. So jy moet maar die goud prys dophou en dan soontoe jaag as jy 'n bargain wil koop.



Percy se kitesurfing het goed gegaan. Hy het dit baie geniet. Die kite het hom natuurlik in die lug in gevat. Ek het video maar dis te groot, ek kan dit nie stuur nie. Hy het ook verlede naweek op die Desert Ralley gegaan saam met sy baas. Heeldag in die woestyn gery en 4x4's gehelp uittrek uit die sand uit.

As julle na ons verlang, stuur 'n sms. Internasionale sms'e kos R1.40 per sms. Percy se nommer is 00971501899567 en myne is 00971501889171. Dit sal lekker wees om van julle te hoor. Sit net jou naam by die sms sodat ons weet van wie af dit kom.

Gister op die strand...