Saturday, January 10, 2009

Hallo

Dis duidelik... die vakansie is oor. Die gevoel van mis is besig om homself lekker tuis te maak in ons harte. Ons mis veral ons hondjies. Wonder wat hulle dink waar is ons...

Ons het nog nie weer nuwe mense ontmoet nie. Ons kuier maar saam met Percy se werksmense.

Ons het die Afrikaanse gemeente nou al 'n paar keer besoek. Kerk hier is baie anders as in Suid Afrika. Spasie is 'n baie groot probleem. Die regering het een gebou aan die Christelike kerk toegeken. Daar is 2 verdiepings, elke verdieping het omtrent 6 sale wat elkeen ongeveer 150 mense, ingedruk, kan inpas. Geen dromme word toegelaat nie. So, met 26 kerke wat op 'n naweek bymekaar kom, kry elke kerk slegs 'n uur en 'n half tyd om die diens te voltooi. Daar is dus gelyktydig 6 kerke elke uur en 'n half, van 8am tot omtrent 8pm. Jy moet 'n saal huur vir die kerk en 'n saal huur vir jou sondagskool, as jy dit wil he. Die gebou kan ook net oor 'n naweek gehuur word, nie in die week nie. So daar's geen plek om goed soos jeug op 'n Vrydag aand te hou of biduur op 'n Woensdag aand nie.

Ons moes 'n paar veranderinge maak aan ons lewenstyl. Percy kom eers na 7pm by die huis en gym dan. 8pm is heeltemal te laat vir aandete. So ek gee nou vir hom 'n lekker groot middag ete werk toe, en dan eet ons net 'n slaaitjie in die aand.

Ek ontmoet Maandag oggend met 'n professor van die plaaslike universiteit. Sy is 'n professor in Hr, ook die dominee se vrou. Ons gaan kyk hoe ek StrengthsFinder hier kan gebruik. Hou duimvas dat dit goed gaan. Dit kan groot deure vir my oopmaak. Ek wil ook die skole gaan sien om te hoor hoe ons die 16-18 jariges kan help om hulle talente te ontdek, dat hulle nie eers op 26 of 27 uitvind waarmee hulle goed is nie. Dit sal hulle die "edge" gee, glo ek.

Percy het verlede week sy "appraisal" gehad. Hy het "excellent" uitgemerk. Sy base is baie verbaas met wat hy in 2 maande verrig het. Hulle se hy is reeds maande vooruit met sy werk. Percy is baie bly want hy werk verskriklik hard.

Nou ja, skryf bietjie vir ons. Ons wil hoor wat in jou wereld aangaan.

Percy & Magriet

Hier's ons by die Chill Out Lounge by Time Square Mall. Dis -6 grade daar!