Monday, November 3, 2008

Nuus

Hi almal. Percy het Saterdag gaan kyk na woonplekke. Dit sal waarskynlik in die Mirdif omgewing wees.

Hy is baie beindruk met die bioskoops, jy kan blykbaar 'n VIP sitplek kry wat jou heeltyd massage terwyl jy fliek kyk.

Percy se daar is Indiese kos, Thailand en vele ander, maar hy het darem al 'n vleisie gebraai saam die Suid Afrikaners.

Hy hou baie van sy baas. Daar is omtrent 60 mense wat nou aan hom rapporteer. Hy se daar's baie werk, maar hy geniet dit baie.

Die huurders het Vrydag ingetrek in Alberton. Dit was baie hartseer om daar weg te ry met die laaste vrag. 'n Era is nou verby.

Die hartseer nuus is dat ons gister gehoor het dit gaan nog 30 dae wees voordat ek by hom in Dubai kan aansluit. Het iemand vir my werk tot dan?

No comments:

Post a Comment

Hey, skryf wat jy dink!