Friday, November 14, 2008

As julle wil kom kuier...

Daar's van julle wat aangedui het dat julle wil kom kuier. Die beste plek om goedkoop kaartjies by te kry is www.travelstart.co.za. Onthou net dat julle eers 'n uitnodiging van ons af moet kry sodat julle vir visas aansoek kan doen. So laat weet wanneer julle wil kom kuier!

Percy moet nou weer woonstel soek. Sy werk het die deposito te laat betaal, toe verloor hy die woonstel in International City.

Bid seblief vir hom daar. Dit raak alleen en hy werk baie hard om nie so alleen te voel nie, so hy is baie moeg. Hopelik sal ek einde Nov/vroeg Desember by hom kan aansluit.

Magriet.

No comments:

Post a Comment

Hey, skryf wat jy dink!