Thursday, November 6, 2008

Ons het 'n huis!

Die Mall in Dubai









Hallo almal,

Goeie nuus! Percy het vandag 'n plek gekry. Dis in Lake Dreams, International City, 10 minute van sy werk af. Dis nogal 'n verskil van die 1-2 ure se vanaf Alberton na Sandton. Die woonstel is op die 7de vloer, blykbaar 2
keer groter as ons woonstel in Smithfield, Boksburg. Klink vir my asof dit lyk soos hulle in die movies wys.

Een iets wat ek nie gaan mis in Suid Afrika nie, is die "crime". Hulle het vandag my bakkie probeer steel by die Carnival Mall in Brakpan. Ok ok, julle wonder seker wat maak ek in Brakpan? Wel, ons is besig om vir ouma internet te reel sodat sy ook met Percy kan chat en e-mail.

Percy het 'n nuwe epos adres: Percy.Fick@alfuttaim.ae. Julle moet asseblief in Afrikaans skryf hoor. Dis sy epos by die werk. Sy ander epos werk nogsteeds - percyfick@gmail.com, maar hy gaan dit nie so gereeld check nie.

Hier onder is fotos wat Percy al gestuur het. Geniet dit! Baai!


Kamele in Dubai!
Jy kry tot Huisgenoot in Dubai!



No comments:

Post a Comment

Hey, skryf wat jy dink!